
Lettergreep
Uitgewers
Hoe werk selfpublikasie?
Selfpublikasie beteken dat u as skrywer volle beheer het oor u boek — van die inhoud tot die ontwerp, prys en wins. Lettergreep Uitgewers is u vennoot wat die vakmanskap hanteer sodat u boek van uitnemende gehalte is en professioneel lyk.
Stap 1: Manuskrip Indiening
U stuur u voltooide manuskrip (Word-dokument) aan ons. Ons lees dit deur en gee u gratis terugvoer.
Stap 2: Redigering
Ons doen redigering (inhoud, struktuur en styl) en doen daarna deeglike proeflesing om spelling, grammatika en tikfoute uit te skakel.
Stap 3: Omslagontwerp
Ons ontwerp ’n hoë-gehalte voor- en agteromslag wat perfek by u genre en teikenlesers pas. U kry keuses en gee goedkeuring.
Stap 4: Bladuitleg (gedrukte kopieë)
Ons hanteer die volledige uitleg vir gedrukte kopieë (sagteband- en hardebandboeke).
Stap 5: Bladuitleg (e-boeke)
Ons hanteer die volledige uitleg vir e-boeke (Kindle, ePub) sodat dit netjies en professioneel lyk op enige toestel (Kindle, foon, tablet).
Stap 6: ISBN en registrasie
Ons kry 'n ISBN-nommer vir u boek en registreer dit by die nodige biblioteke en databasisse.
Stap 7: Druk boek en laai e-boek op Amazon
Ons reël drukwerk by betroubare drukkers. U kan in klein of groot hoeveelhede bestel. Ons laai ook u e-boek op Amazon, Takealot, Google Books en meer.
Stap 8: Verspreiding en bemarking
Jou boek word beskikbaar gestel vir verkoop. Ons gee jou raad oor bemarking, sosiale media, lanseerplanne en hoe om jou boek sigbaar te maak.